Die perfekte huis weg van die huis met kinnertjies.

Die perfekte huis weg van die huis met kinnertjies.
Die perfekte huis weg van die huis met kinnertjies. Ons is absoluut mal oor die akkomodasie gewees. Le-che was vreeslik oulik gewees en so hulpvaardig. Die huisie was skoon en het alles gehad wat jy kon nodig hê. Hulle het selfs vir ons twee eetstoeltjies vir die kleintjies gegee en gehelp met die strykwerk. Die woonstel het 'n pragtige uitsig op die see en 'n lekker grasperk vir die kinders om te speel. Stapafstand van 'n private strand en die kompleks se swembad en speelplek is van hoë gehalte. Ons kom vir seker weer terug.
5
2017-08-09T17:25:20+00:00